Osaka onttrek van Aussie Ope weens besering
Tennis: Die tweemalige Australiese Ope-kampioen, Naomi Osaka, moes weens ‘n besering onttrek aan haar derde ronde-wedstryd teen Belinda Bencic in Melbourne. Osaka het behandeling vir haar maag ontvang terwyl sy 6-5 voor was in die eerste stel, en het uiteindelik in die valbylpot teen die Switser verloor voor sy die baan verlaat het. Osaka moes vroeër weens ʼn buikbesering aan die eindstryd in Auckland onttrek. Die Japannese ster het verlede week onthul sy en die pa van haar dogtertjie Shai, die kletsrymer Cordae, is uitmekaar.