NEF sê minimumloon is in stryd met Loonkommissie

Die Namibiese Werkgewersfederasie sê hy neem kennis van die arbeidsministerie wat sy aansoek vir ‘n infasering en uitstel van die minimumloon van die hand te wys. Die federasie sê sy voorstel was om werksverliese te voorkom en ekonomiese stabiliteit in ‘n reeds gespanne arbeidsmark te verseker. Hy sê hy glo dat die implementering van die loon sonder voldoende voorbereiding werkers se vooruitsigte kan ondermyn. Die federasie voeg by dat die minimumloon wat ingestel is, in stryd is met die aanbevelings van die Loonkommissie. Die kommissie het ‘n minimum van 12 maande tussen aankondiging en implementering voorgestel om besighede tyd te gee om voor te berei. Die federasie se president Elias Shikongo sê besluite van hierdie omvang moet werkerswelsyn met ekonomiese realiteite balanseer, veral in ‘n land met so ‘n hoë werkloosheidsyfer. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *