Motors brand in antisemitiese voorval in Sydney
Twee motors is in Sydney aan die brand gesteek en die voormalige huis van ‘n Joodse gemeenskapsleier, Alex Ryvchin, opsetlik beskadig in die jongste antisemitiese voorval in Australië. Owerhede het beloof om die oortreders op te spoor. Ryvchin het die regering herhaaldelik versoek om aandag te skenk aan aanvalle op Joodse gemeenskapslede, wat opgevlam het sedert die begin van Israel se oorlog teen Hamas in Gaza. ‘n Vlaag antisemitiese aanvalle in Sydney en Melbourne het die regering aangespoor om ‘n spesiale taakspan toe te wys om die probleem te bekamp.