Knopvelsiekte aangemeld by Epikuro
Die Direktoraat Veeartsenydienste het ‘n uitbreking van knopvelsiekte in verskeie staatsveeartsenydistrikte aangekondig. Drie-en-sewentig gevalle is in die Otjombinde-kiesafdeling in die Epikuro veeartsenydistrik aangemeld. Boere word aangeraai om hul gesonde beeste in te ent en om vektore, of insekte, te beheer. Beeste wat kliniese tekens toon kan behandel word met vitamiene, antibiotika en anti-inflammatoriese middels om sekondêre bakteriële infeksie te beheer, soos voorgeskryf deur staatsveeartse. Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, het meer.