Gauteng beplan Implanon-implantate teen tienerswangerskappe

Die LUR vir Gesondheid in Gauteng Nomantu Nkomo-Ralehoko het planne aangekondig vir die gebruik van kontraseptiewe Implanon-implantate vir skoolkinders in ‘n poging om tienerswangerskappe te keer. Van die begin van die jaar af is daar in die provinsie 31 gevalle van tienerswangerskappe aangeteken. Nkomo-Ralehoko sê die koste van elke Implanon-implantaat is drie-duisend-rand, maar ‘n totale begroting vir die program sal in Maart bekendgemaak word. Sy voeg by die hoë koers van tienerswangerskappe in die provinsie wek kommer, en dit is hoekom dringende optrede nodig is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *