Verkiesing-hofsaak: Hof sê Maandag oor oorstaan
Die verkiesingshof sal Maandag sy beslissing gee oor die oorstaan van die IPC en LPM se verkiesingsuitdaging tot die hooggeregshof sy beslissing lewer. Regslui vir die respondente, en veral advokaat Raymond Heathcote het sterk kritiek hieroor uitgespreek en bevraagteken waarom ‘n dringende aansoek ooit deur die partye gebring is. Woensdag is gekenmerk deur uitgerekte argumente oor ‘n kostebevel en die oorstaan van die saak. Die aansoek is in ware nog nie voor die hof gebring nie.