Chevron vind nie reserwes in Kapana nie, boor verder
Chevron sê hy het nie kommersiële koolwaterstofreserwes in ‘n eksplorasieput in die Oranjekom gevind nie. Die Amerikaanse olieprodusent sê Kapana 1X in die PEL90-blok verskaf waardevolle inligting oor die kom en die maatskappy sal verder boor. Dit kom na Shell verlede week gesê het hy gaan sowat 400 miljoen Amerikaanse dollar afskryf oor ‘n olie-ontdekking wat hy as kommersieel onlewensvatbaar beskou. Namcor het in April gesê hy het ‘n ontwikkelingsooreenkoms met Chevron onderteken om die maatskappy ‘n 80 persent bedryfsbelang in ‘n blok in die Walviskom te verkry.