Vrou, 60, wat vir dwelms gearresteer is, is eintlik ‘n tragedie
‘n 60-jarige Namibiese vrou sal in die Karasburg-laerhof verskyn na sy by Ariamsvlei gearresteer is met 1,3 miljoen Namibiese dollar se metamfetamien. Volgens NamPol het sy die grens vanaf Suid-Afrika teen omtrent 10-uur Maandagaand oorgesteek toe haar gedrag aandag getrek het. Haar bagasie is deursoek en twee pakke is gevind, gevul met vermoedelik metamfetamien. Nog pakkies gevul met die substans is op haar persoon gekry. Die sielkundige Shaun Whittaker reageer op die voorval en noem dit tragies.