Viëtnam skakel TV-stasie af in regeringshervormings

Een van Viëtnam se grootste TV-uitsaaiers is van vandag af gesluit as deel van omvattende burokratiese hervormings wat die staat se arbeidsmag landwyd met 20-persent sal verklein. Die regerende Kommunistiese party wil die politieke stelsel meer vaartbelyn maak om rompslomp en besteding te verminder. Die hervorming sluit in dat agt ministeries en regeringsagentskappe afgeskaf word terwyl media-organisasies geherstruktureer word. Senior amptenare beskryf die hervormings as ‘n “rewolusie”. Die TV-stasie VTC, die tweede gewildste in Viëtnam, en sy 13 kanale het gister die laaste keer uitgesaai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *