Siegemund klop Zheng, Sabalenka en Osaka wen by Aussie Ope

Tennis: Die tweemalige verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka, is deur na die derde ronde van die Australiese Ope nadat sy die Spanjaard, Jessica Bouzas Maneiro, met 6-3, 7-5 geklop het. Sabalenka was in die tweede stel 5-2 agter, maar het daarna ingehaal. Die Duitse veteraan, Laura Siegemund, het die grootste skok in Melbourne veroorsaak toe sy die Olimpiese enkelspel-gouemedaljewenner, Qinwen Zheng van China, met 7-6, 6-3 verslaan het. Nog ʼn tweemalige wenner, Naomi Osaka van Japan, was ʼn stel agter, maar het die Tsjeg, Karolina Muchova, uiteindelik met 1-6, 6-1, 6-3 geklop.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *