SA sluit grenspos na Botswana weens oorstromings
Suid-Afrika het sy bedrywighede by die Groblersbrug-grenspos na Botswana by Tom Burke in Limpopo gesluit ná swaar reën en oorstromings. Klimaatinligting toon dat die noordwestelike deel van die provinsie van 11 Desember tot 10 Januarie geweldig baie reën ontvang het, wat logistieke en ekonomiese bedrywighede ontwrig het. Die Grensbestuursowerheid sê die watervlak van die Limpoporivier het die roete onveilig gemaak. Dié roete strek tussen onder meer kopermyne in Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo en die Durbanse hawe.