Kommer oor wanbetaling van pensioengeld deur werkgewers in SA
Cosatu sê hy is bekommerd oor die groot aantal werkgewers wat met werkers se finansiële toekoms speel en steeds nie hul pensioenfondsbydraes oorbetaal nie. Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê die aantal werkgewers wat versuim om werknemers se pensioenfondsbydraes te betaal, het vanaf 4 000 tot 7 700 verdubbel. Zanele Sabela van Cosatu sê hulle is daartoe verbind om te verseker hierdie gewetenlose werkgewers vereffen die agterstallige skuld en voldoen in die toekoms aan die vereistes.