Hardap-stelsel loop vol, besproeiing begin Maandag
NamWater het bevestig dat besproeiing by die Hardap groenskema op Maandag, 20 januarie hervat sal word. Die dam het goed water gevat het en onlangs van 5,5 persent vol na 16,5 persent geklim. Produsente sal ‘n ‘n 20 persent waterbesparing toepas, en sal dus 80 persent van hul normale watergebruik ontvang. Dit is goedgekeur deur landbouminister Calle Schlettwein. Dawie de Klerk, die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die water vanoggend deur die stelsel begin loop het.