Groot uitdagings in Khomas met leerder plasingsJanuary 15, 2025
Windhoek-skole sukkel reeds. Ongeveer 300 graad 1’s wag nog vir plasing met 178 pre-primêre leerders en 1 788 graad 8’s wat ook nie plek het nie. Die onderwysdirekteur vir die Khomas-streek Paulus Nghikembua sê daar is uitdagings maar leerders sal in die week geplaas word. Vals plasingsbriewe is ook ‘n uitdaging.