Djokovic speel meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde ooit

Tennis: Die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die derde ronde van die Australiese Ope nadat hy met die 21-jarige kwalifiseerder, Jaime Faria, afgereken het. Die Serwiër se 430 maak hom die speler wat meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde in die Ope Era gespeel het. Dit volg nadat hy die Portugees met 6-1, 6-7, 6-3 en 6-2 verslaan het om sy 379ste major-sege te behaal. Die Spanjaard, Carlos Alcaraz, het Yoshihito Nishioka van Japan met 6-0, 6-1, 6-4 afgeransel. Djokovic sê dis spesiaal om hierdie mylpale te bereik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *