Cyril in Mosambiek vir president-inhuldiging
President Cyril Ramaphosa is in Maputo vir die inhuldiging van Mosambiek se verkose president, Daniel Chapo, ná die verkiesing op 9 Oktober. Dit volg te midde van voortdurende betogings terwyl die opposisieleier, Venancio Mondlane opnuut die onrus aanmoedig. Die Presidensie sê in ‘n verklaring die geleentheid is ‘n stap in die rigting van vrede en ontwikkeling in Mosambiek. Ramaphosa het sy verbintenis uitgespreek om bilaterale betrekkinge te versterk en eenheid onder Mosambiekers te ondersteun. Ramaphosa word vergesel deur die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, en die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni.