Bendegeweld verjaag 1 miljoen in Haïti

Die Verenigde Nasies se Internasionale Organisasie vir Migrasie sê toenemende bendegeweld in Haïti het veroorsaak dat drie keer meer mense in een jaar uit hul huise verdryf is. Meer as ʼn miljoen mense is tot dusver in Haïti ontheem teenoor die 315 000 wat op 20 Desember 2023 aangeteken is. Meer as 5 600 mense is verlede jaar in die geweld dood. Die IOM sê met die geweld wat voortduur, raak dit moeiliker om die kwesbaarste mense te bereik. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *