Walvisbaai gaan verpligte taxi-nommerstelsel instel
Die Walvisbaai-munisipaliteit het die implementering van ‘n verpligte taxi-nommerstelsel aangekondig om openbare veiligheid en wetstoepassing te verbeter, en beter regulering van vervoerdienste in die munisipale gebied te verseker. Taxi-eienaars moet by die munisipaliteit se verkeerskantoor vir die nommerstelsel registreer. Registrasies sal slegs op Donderdae tussen 8-uur en 12-uur en in die middag van 2-uur tot 4-uur verwerk word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Anita Kaihiva, die Walvisbaai-munisipaliteit se woordvoerder.