Umalusi vra stappe teen ongeakkrediteerde skole in 2024-eksamen
Die onderwys gehalteversekeringsliggaam, Umalusi, het stappe gedoen teen ongeregistreerde kandidate en ongeakkrediteerde privaat kolleges wat by die 2024-eksamens betrokke was. ’n Skool wat ongeregistreerde leerders toegelaat het om graad 12-eksamen te skryf, se registrasie is teruggetrek, terwyl 128 privaat kolleges wat sonder akkreditasie eksamens vir N2 en N3 afneem, ondersoek word. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Rakometsi, het aan die media gesê die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding is aangesê om hierdie oortredings aan te spreek en om ‘n volledige verslag voor te lê.