SA-matrieks presteer goed
Suid-Afrika se slaagsyfer in die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen het van 82,9-persent in 2023 tot 87,3-persent toegeneem. Dit is die hoogste slaagsyfer in die land se geskiedenis. Die Vrystaat het die beste gevaar met 91-persent, teenoor 89-persent in 2023. KwaZulu-Natal is tweede met ‘n slaagsyfer van 89,5-persent en Gauteng is derde met 85,4-persent. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê byna die helfte van die leerders wat die eksamen geskryf het, het baccalaureus-vrystelling ontvang:
Plaaslik word uitslae vanoggend bekend gemaak.