Putin en Pezeshkian vergader Vrydag 

Rusland en Iran sal Vrydag ‘n omvattende strategiese vennootskapsverdrag onderteken tydens die Iranse president, Masoud Pezeshkian se besoek aan Rusland. Hul militêre en politieke samewerking is versterk weens bekommernisse oor die Weste, Moskou en Teheran te midde van Rusland se volskaalse militêre aanslag op Oekraïne en die konflik in die Midde-Ooste. Die Kremlin sê die twee leiers sal vooruitsigte vir die verdere uitbreiding van bilaterale samewerking bespreek, insluitend handel en belegging, vervoer en logistiek en humanitêre faktore. Kwessies met betrekking tot die streeks- en internasionale agenda sal ook bespreek word. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *