PDM-jeugleier reageer op hofbevel teen haar
Julia Nekwaya van die PDM se jeugliga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat na waarnemende regter Anne-Doris Hans Kaumbi ‘n hofbevel uitgereik wat haar en William Minnie van die LPM verbied om sy bedrywighede te belemmer. Dit kom na protesaksie oor die tussentydse raad wat deur die lynminister aangestel is na ‘n raad reeds verkies was. Nekwaya waarsku dat jeug-betogings soos die wat in Kenia voorgekom het ook plaaslik kop kan uitsteek.