Onsedelike gedrag aanlyn aangedryf deur groter kwessies
Polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het ‘n toename in prostitusie waarby jong meisies betrokke is ten sterkste veroordeel. Hy sê hierdie aktiwiteite word al hoe meer algemeen op sosiale media, met skakels wat openlik deur die betrokke kinders gedeel word. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Rosa Namises gesels, wat haar kommer oor die situasie uitspreek. Namises het beklemtoon dat hierdie meisies dikwels beïnvloed word deur wat hulle sien, en dat hul gedrag ‘n groter kwessie in die gemeenskap weerspieël.