Omgewing stuur ambiseuse konflik-projek van stapel

Die omgewingministerie gaan ‘n baanbrekerprojek loods wat daarop gemik is om mens-dier konflik te verminder en wildmisdaad aan te spreek. Die Geïntegreerde Benadering tot Proaktiewe Bestuur van Mens-natuurlewe Konflik en Wildmisdaad Projek sal meer as 4 500 mense regstreeks bevoordeel, met ‘n bykomende 18 100 mense wat indirek sal baat vind. Die projek fokus op drie belangrike landskappe. Dit is die Noord-Sentraal landskap, wat Etosha Nasionale Park insluit; die Noordwes-landskap, wat die Kunene-streek dek; en die Noordoostelike landskap, wat oor die Bwabwata-Mudumu Nasionale Park-kompleks in die KAZA-oorgrensbewaringsgebied strek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Natuurstigting, wat meer inligting gee.

Hauptfleisch voeg by dat die projek innoverende moniteringstelsels sal implementeer om vreedsame naasbestaan te bevorder. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *