Nog groot name vorder by Aussie Ope
Tennis: Die kwarteindfinalis van 2024 se Australiese Ope, Taylor Fritz, het vir die sewende agtereenvolgende jaar na die tweede ronde deurgedring. Die Amerikaner het sy landgenoot Jenson Brooksby 6-2, 6-0, 6-3 geklop. Matteo Berrettini van Italië het met 32 kishoue met Cameron Norrie van Brittanje afgereken in 6-7, 6-4, 6-1, 6-3. In die vroue-afdeling is Elena Rybakina van Kazakhstan deur na die tweede ronde met ‘n sege van 6-1, 6-1 oor Australië se Emerson Jones. Brittanje se nommertwee-speler, Emma Raducanu, die Amerikaner Emma Navarro en die Rus Daria Kasatkina het ook deurgedring.