Metamfetamien van N$1,3m by Ariamsvlei gevind

Die Namibiese polisie het metamfetamien ter waarde van N$1,3 miljoen by Ariamsvlei gevind. ‘n Namibiese vrou, 60, sal môre in die Karasburg-laerhof verskyn. Die mag sê die vonds is omstreeks tien-uur Maandagaand gemaak. Die vrou, wat van Suid-Afrika die land ingekom het, is deursoek en die dwelms is beide op haar liggaam en in haar bagasie gevind.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *