Meer oor gewone- en gevorde-vlak uitslae
Die onderwysminister Anna Nghipondoka het die eksamenuitslae bekend gemaak van die meer as 40 000 gewone-vlak en amper 10 000 gevorderde-vlak leerders in die land.
Leerders het beter presteer in die wetenskap met 51,7 persent wat ‘n D of hoër behaal het vir fisika teenoor 37,1 persent in 2023. Tale het verswak met ‘n D en hoër in Afrikaans en Engels op tweede taal-vlak wat gedaal het van 70,2 persent in 2023 tot 58,9 persent in 2024. Eerste taal Engels, Duits en Afrikaans het beter vertoon met D en hoë wat op is van 83.5 persent in 2023 tot 93 persent in 2024.