Medvedev oorleef vyf stelle na hy netkamera, raket breek

Tennis: Die Rus, Daniil Medvedev, het by die Australiese Ope sy raket in ‘n epiese woedebui verpletter en moes vyf stelle lank om oorlewing spook. Medvedev het kop verloor in die derde stel voor hy Thailand se Kasidit Samrej met 6-2, 4-6, 3-6, 6-1, 6-2 kon klop. Die vyfde gekeurde Medvedev was met 3-5 agter en sou met twee stelle teen een agterloop teen speler nommer 418 op die wêreldranglys, toe hy sy humeur verloor en die netkamera herhaaldelik met die raket bygekom totdat niks van albei oorgebly het nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *