IPC betoog môre vir geregtigheid
Die IPC hou môre ‘n vreedsame betoging om geregtigheid te eis vir beweerde onreëlmatighede, kiesersonderdrukking en belemmering van stemreg tydens die Nasionale Vergadering en presidensiële verkiesings. Die betoging val saam met die party se hofaansoek. Die Verkiesingskommissie van Namibië word van wanbestuur beskuldig, wat na bewering kiesers se grondwetlike regte ondermyn het. Kosmos 94.1 Nuus het met IPC-woordvoerder Imms Nashinge gesels, wat meer deel.