Duitsland meld bek-en-klouseer aan
Duitsland doen stappe om die moontlike verspreiding van bek-en-klouseer te beperk, terwyl die uitbreking van die virus die land se landbou-uitvoere bedreig. Suid-Korea en Mexiko het aan Berlyn gesê hulle staak die invoer van varkvleis uit Duitsland totdat die gevalle onder beheer is. Drie gevalle van bek-en-klouseer is Vrydag by waterbuffels op ‘n plaas naby Berlyn aangemeld, die eerste bevestigde voorkoms van die virus in Duitsland sedert 1988.