Charles woon herdenking van Auschwitz bevryding by

Koning Charles die Derde sal ‘n seremonie in Pole bywoon ter ere van die 80ste herdenking van die bevryding van Auschwitz-Birkenau. Voor die geleentheid op 27 Januarie sal Charles, wat tans kankerbehandeling ontvang, ook met gemeenskapsleiers in Krakow vergader en samesprekings met die Poolse president, Andrzej Duda, voer. Verskeie internasionale afvaardigings sal na verwagting die seremonie bywoon ter herdenking van 80 jaar sedert die Russiese Rooi Leër Auschwitz-Birkenau bevry het. Nazi-Duitsland het die doodskamp gebou nadat hulle Pole in die Tweede Wêreldoorlog binnegeval het. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *