Baba-gorilla herstel nadat hy van vliegtuig gered is

‘n Vyf-maande-oue gorilla wat uit ‘n vliegtuig se vragruim gered is, herstel by die Polonezkoy-dieretuin in Istanbul, nadat hy verlede maand in ‘n boks op ‘n Turkish Airlines-vlug van Nigerië na Thailand ontdek is. ‘n Veearts by die dieretuin, sê die diertjie, wat Zeytin heet, het in die weke sedert hy gevind is begin gewig optel. Hy toon ook tekens van herstel ná sy traumatiese reis en is gelukkig om alleen te speel. Beide westelike en oostelike gorillas word deur die Internasionale Unie vir Natuurbewaring as bedreig geklassifiseer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *