Akkerbouraad gesels oor sy nuwe strategie, teenoor invoerbeperkings

Die Namibiese Akkerbouraad het verlede jaar planne aangekondig om die invoerbeperkings op groente geleidelik uit te faseer. Dit sal gebeur onder ‘n nuwe gewaswaardeketting-ontwikkelingstrategie vir 2025-2030, en volg op ‘n soortgelyke aankondiging deur Botswana. Namibië het in 2005 invoerbeperkings ingestel met 5 persent plaaslike verkryging om akkerbou-produksie ‘n hupstoot te gee. Plaaslike verkryging staan tans op 47 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gilbert Mulonda, bestuurder vir akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, wat meer inligting oor die strategie gee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *