Vrou, 6 maande swanger, steek man dood 

‘n 33-jarige vrou wat ses maande swanger is, is vir moord in hegtenis geneem na sy ‘n man in die nek gesteek het tydens ‘n argument. Die man, Leevi Iitope, is op die toneel dood. Die vrou het na bewering Vrydag tuisgemaakte bier verkoop in ‘n cuca-winkel in Omutsegondjamba-nedersetting in die Oshikoto-streek toe daar ‘n stryery oor kleingeld ontstaan het. Die vrou en Itope het handgemeen geraak en sy het na bewering ‘n mes van die toonbank af gegryp en hom gesteek. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *