Twee minderjariges oor die naweek verkrag
Twee verkragtings van minderjarige meisies is in die naweek se misdaadverslag gerapporteer. Die pa van ‘n 14-jarige meisie het ‘n saak by die Outapi polisie oopgemaak na hul 37-jarige buurman haar na bewering herhaaldelik tussen Augustus en Desember verlede jaar verkrag het. Die meisie het swanger geword en die verdagte is gearresteer. Op Vrydagaand het die ma van vyf kinders hulle by hulle huis in Omakolombongo-dorpie naby Ongwediva gelos terwyl sy na ‘n begrafnis gegaan het. Haar mansvriend het na bewering die slapende kinders se kamer binnegegaan en ‘n 12-jarige meisie verkrag. Hy het gevlug en is nog nie gearresteer nie.