Slenter kom vrou duur te staan – N$2,8m verloor

Die Namibiese Polisiemag het twee voorvalle wat reuse-bedrae geld behels in die naweek se misdaadverslag gerapporteer. ‘n Saak van bedrog word ondersoek na ‘n 53-jarige sakevrou van die plaas Cadix naby Tsumeb byna 2,8 miljoen Namibiese dollar verloor het in ‘n telefoniese bank-swendelary. ‘n Man het haar gebel en voorgegee hy is ‘n FNB beampte, en het haar met ‘n bogstorie oorreed om haar bankkaart-besonderhede vir hom te gee. ‘n Ma en dogter sal vandag in die hof verskyn na ‘n dagga plantasie ter waarde van sowat 1,76 miljoen dollar op ‘n plot in die Oamites Agri-eenhede in Groot Aub gevind is. Dit kom na ‘n gesamentlike operasie van die Rehoboth dwelmeenheid en NamPol Groot Aub. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *