Nie alle babastortings noodsaak tronkstraf: aktivis

‘n Hartseer insident het op Opuwo afgespeel toe ‘n pasgebore baba se ma haar in ‘n kombers toegedraai en in die veld gestort het. Twee dae later het ‘n verbyganger die baba hoor huil en sy is gered. Haar 18-jarige ma is opgespoor saam met haar 2-jarige kind. Sy is gehospitaliseer met inwendige bloeding en kriminele klagte is nog nie gelê nie, hangende ‘n ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die maatskaplike aktivis, Ethne Mudge, wat sê tronkstraf in sulke gevalle behoort nie die enigste opsie te wees nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *