NamPol gereed om Guinas-tussenverkiesing veilig te hou
Die Namibiese Polisie het ‘n pers-inligtingsessie gehou om die publiek te verseker dat NamPol en die Verkiesingskommissie van Namibië gereed is vir die tussenverkiesing in die Guinas-kiesafdeling in die Oshikoto-streek. NamPol sal 18 polisiebeamptes ontplooi by 20 stemlokale, of vyf vaste en 15 mobiele stasies, om veiligheid en sekuriteit tydens die verkiesingsproses te verseker. Nampol inspekteur-genraal, luitenant-generaal Joseph Shikongo, is aan die woord.