Namibië 2de in Afrika in oorskakeling na hernubare energie

Namibië is erken as ‘n kontinentale voorloper in die verskuiwing na hernubare energie. Die land beklee die tweede hoogste posisie in Afrika en 68ste wêreldwyd in die 2024 Energie-oorgangsindeks. Die ranglys, vrygestel deur Statista, evalueer stelsels se werkverrigting en gereedheid vir oorskakeling na skoner energiebronne soos sonkrag, wind en hidrokrag. Marokko is boaan die Afrika-ranglys, en 65ste wêreldwyd, terwyl Kenia, wat wêreldwyd 70ste is, derde is ná Namibië. Volgens die verslag spog Afrika met aansienlike hernubare energiepotensiaal maar daar is steeds aansienlike uitdagings, soos ‘n gebrek aan infrastruktuur, finansieringsbeperkings en regulatoriese hindernisse.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *