Meatco moet internasionale verkope- en bemarking-agente kry
Volgens die Tender Bulletin het die Sentrale Verkrygingsraad vier internasionale verkope- en bemarking-agente op ‘n kortlys geplaas vir die sukkelende Meatco, na die raad se verkrygingsbestuurseenheid uitdrukkings van belangstelling namens Meatco aangevra het. Die regering het die afgelope twee jaar meer as 700 miljoen Namibiese dollar in Meatco belê. Deel daarvan was die terugbetaling van ‘n leningswaarborg van meer as 500 miljoen dollar namens Meatco, terwyl daar voorsiening gemaak is vir verdere leningswaarborge van 112 miljoen dollar in die 2024/25 begroting. Meatco het ook nog ‘n subsidie van 100 miljoen dollar gekry vir bedryfsuitgawes.