KI word ingespan om bedreigde spesies te help beskerm
Navorsers gebruik toenemend kunsmatige intelligensie vir die beskerming van bedreigde spesies. K-I kan vir die ontleding van baie data ingespan word om gedragspatrone te identifiseer sodat vroeë ingrypings kan plaasvind om ontwrigting in die ekologie te verhoed. Dié tegnologiese benadering kan bewaringspogings verskerp deur insigte te bied in omgewingsveranderings en die gedragspatrone van spesies. Ortwin Aschenborn van die Leibniz-instituut vir Dieretuin- en Wildlewe-navorsing, sê die integrasie van K-I in bewaring is ‘n beduidende vordering in die bewaring van die biodiversiteit.