Is Meatco die volgende Air Namibia?
Die Tender Bulletin berig dat die Sentrale Verkrygingsraad vier internasionale verkope- en bemarking-agente op ‘n kortlys geplaas vir die beleërde Meatco. Die Verkrygingsraad se verkrygingsbestuurseenheid het verlede jaar uitdrukkings van belangstelling namens Meatco aangevra. Die regering het die afgelope twee jaar meer as 700 miljoen Namibiese dollar in Meatco belê. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat, wat sê dit begin al meer na ‘n Air Namibia-situasie lyk.