Iran weer in Europa oor kernkragprogram
Iran sal vandag en môre kernkrag-samesprekings voer met Frankryk, Brittanje en Duitsland, slegs ‘n week voor die verkose Amerikaanse president, Donald Trump in die Withuis intrek. Dit is die tweede ronde samesprekings oor Iran se kernkragprogram in minder as twee maande, nadat ‘n vergadering in November in Genève, Switserland, tussen Teheran en die drie Europese lande gehou is. Rolspelers sê dit is nie onderhandelinge nie, dit is bloot raadpleging oor ‘n wye reeks onderwerpe. Iran het gesê hul hoof-doelwit is om sanksies teen die land te verwyder.