Hardap, Von Bach vat nog water
Die Hardapdam het die afgelope week nog meer as 5,4 miljoen kubieke meter inloop gehad en staan op 16,6 persent, volgens NamWater se nuutste dambulletin. Die Neckartaldam het ook meer as 5 miljoen kubiek gevat en is op 78,4 persent. Oanob by Rehoboth is 31,6 persent vol en die Naute by Keetmanshoop het 28,9 persent water. Die sentrale damme se totale reserwes is op 18,1 persent. Von Bach het gestyg na 23,9 persent na invloei van 188 000 kubiek, terwyl die Omatako 98 000 kubiek gevat het en op 2,6 persent staan. Swakkoppoort is op 24,3 persent. In die ooste het Daan Viljoen klein inloop gehad en is op 11,9 persent, met Tilda Viljoen op 1,3 en die Otjivero op 1,5 persent. Die totale bronne daar is op 2,1 persent. Die Olushandadam in die noorde is op 40,7 persent.