Dodetal in LA styg tot 24, winde woed steedsJanuary 13, 2025
Die bevestigde dodetal in die wegholbrande regdeur Los Angeles het tot 24 gestyg. Sestien van die slagoffers het in die Eaton-gebied gesterf, terwyl agt in die grootste brand ooit in die Palisades-gebied dood is. Slegs 11-persent van die Palisades-brand is sover in bedwang gebring. Die brandweerhoof van Los Angeles, Anthony Marrone, waarsku dat die Santa Ana-winde wat weer dié week verwag word, tot rampspoedige toestande kan lei, met brande wat oor die hele Los Angeles-gebied kan voorkom: