Chapo se inhuldiging: Moet Afrika-leiers gaan of nie?

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om Daniel Chapo se inhuldiging as president van Mosambiek te boikot. Mosambiek se opposisieleier, Venâncio Mondlane, betwis die verkiesingsuitslag weens beweerde bedrog, en tientalle mense is dood in daaropvolgende betogings. Volgens Maimane is dit tyd dat Suider-Afrikaanse lande se leiers ophou om ander leiers wat beweerde wandade pleeg, te onderskryf. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke leier Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê Maimane het ‘n punt beet maar die SAOG moet neutraal bly.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *