Byna 1,2,3 vir SA in Dakar-tydren se 8ste skof
Motorsport: Henk Lategan van Suid-Afrika in sy Toyota is steeds voor onder die bestuurders van die Dakar-tydren nadat hy vandag die agste trajek ingepalm het. Dis die 30-jarige se vierde Dakar. Hy het sy voorsprong oor die plaaslike hoop, Yazeed al-Rajhi, tot 5-minute-41-sekondes in die algemene klassifisering vergroot. Ten spyte van ʼn boete van twee-minute vir spoed tydens die trajek, was Lategan voor landgenoot Guy Botterill, ook in ʼn Toyota. Frankryk se Mathieu Serradori in sy Century het verhinder dat net Suid-Afrikaners op die podium klim deur derde te eindig, vyf sekondes voor Brian Baragwanath.