Boere soek dringend Starlink vir beter internet
Boere doen ‘n beroep op die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, om Starlink se goedkeuring te bespoedig om internetuitdagings in landelike gebiede aan te spreek. Peet van Staden, ‘n boer van Karasburg, het ‘n petisie geloods waarin gevra word vir ‘n deursigtige en billike goedkeuringsproses om tydige implementering te verseker. Landelike gemeenskappe, veral in die suide, sukkel met swak en onbekostigbare konnektiwiteit. Boere maak staat op die internet vir noodsaaklike dienste soos NAMLITS, belasting en bankwese, wat toenemend aanlyn is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanja Dahl, die Namibië Landbou-unie se senior beampte vir projekbemarking en kommunikasie, wat die dringende behoefte aan beter internetverbinding beklemtoon.