Beweerde uitlek van SA matriekuitslae word ondersoek

Die Departement van Basiese Onderwys bevestig ‘n moontlike oortreding met matriekuitslae. ʼn Johannesburgse maatskappy, Edumarks, word ondersoek omdat hy na bewering matriekuitslae vir 2024 vir 100 Suid-Afrikaanse rand aan leerders verkoop het. Dit is nog voor die uitslae amptelik deur die departement bekend gemaak is. Minister Siviwe Gwarube sê Staatsveiligheid en die Valke stel ondersoek in en het onderneem dat arrestasies sal volg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *