Swapo verkoop Namibië aan Chinese: Mudge
China se minister van buitelandse sake, Wang Yi, het tydens sy onlangse besoek met president Nangolo Mbumba gesprekke gevoer oor hoe China Namibië se kernenergiebedryf kan bystaan. Nou het ’n skip vol droogtehulp-voedsel vanaf China, wat deur Yi belowe was, in Walvisbaai aangekom. Dit het omstredenheid ontketen met talle Namibiërs wat bekommerd is dat plaaslike boere geraak sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, wat sê China het ‘n agenda en dit is om die land se natuurlike hulpbronne in die hande te kry. Mudge het meer.